Evolusie van die kongres

December 2, 2011

IN my vorige rubriek het ek genoem dat ek hierdie week die SATN- (South African Technology Network) kongres bywoon. Ek sit dan ook hier en tik aan hierdie week se rubriek.

Soos ek hier rondkyk, besef ek hoe die hele kongres-bywoningsproses verander het. My ervaring dek net die afgelope 20 jaar, maar dinge het geweldig verander vanweë tegnologie.

Eerstens verskil die proses waardeur jy hoor van die kongres. Jare terug het jy ’n brief in die pos gekry wat jou genooi het, of dalk was daar ’n advertensie in een of ander joernaal. Deesdae kry jy ’n e-pos wat deur die organiseerders uitgestuur word of dalk ’n elektroniese nuusbrief wat jou inlig oor die magdom kongresse wat daagliks oor die wêreld heen aangebied word.

Die registrasie en betalings vir ’n kongres was ’n geweldige proses. Jy moes maar vertrou dat die posdiens effektief funksioneer en dat jou registrasie betyds by die organiseerders aankom. Hier en daar het jy ’n angstige oproep gemaak. Die betaling moes gewoonlik op die eerste dag van die kongres gedoen word. Ek onthou nog hoe jy dan in ’n ry moes staan met jou tjek of jou bankbetalingsbewys. Dit was ’n lang proses. Vandag registreer jy jou sommer elektronies, selfs jou betaling kan jy onmiddellik aanlyn doen en as jy vrae het, stuur jy ’n e-pos en minute later het jy jou antwoord.

Die grootste verandering, na my mening, is dat almal jare terug met pen en papier gesit en notas maak het. Afgesny van jou kantoor en gefokus op alles by die kongres. Vandag sien ek almal het hul skootrekenaars of iPads en deur die dag hanteer hulle e-posse en navrae van die werk. Almal is aanlyn en elke nou en dan sien ek iemand op Google wat meer oor die spreker oplees.

Tegnologie het werklik die bywoning van kongresse die afgelope twee dekades drasties verander.

  • 0

    A new generation of university beckons

    November 25, 2011

    NEXT week it is again time for the Annual South African Technology Network’s (SATN) conference. This year it will be hosted in Bloemfontein by the Central University of Technology, Free State.
    Each year this conference draws top academics from the Universities of Technology in South Africa and also internationally.
    This year the conference theme [...]

  • 0

    Your techno shopping list

    November 18, 2011

    IT is time for you to start planning your Christmas shopping list. With the cost of presents these days, your should have started to plan months ago.
    Let us take a look at some of the great technological gifts that you can give this year. I will not give long explanations, just some [...]

  • 0

    Diabetes 101

    November 11, 2011

    WE are in the middle of International Diabetes Month. In November, many organisations work hard to raise awareness of what diabetes is and how it can be managed.
    Two years ago I was diagnosed with diabetes and I must say that whenever people hear you have diabetes they immediately think you only [...]

  • 0

    Find the perfect job online

    November 4, 2011

    ARE you leaving school at the end of the year? Are you about to write your final exams and you need to start thinking about a career after years of school or tertiary education?
    You probably did not think that far ahead yet, but you will need to start looking for a job. [...]

Home | FREE FAX TO EMAIL | Nico Baird | Nico Baird

Switch to our mobile site